


Voel jy of NIEMAND jou lief het nie?
Dan het ek vandag baie goeie nuus vir jou!
Het jy geweet dat meeste mense soms so voel, selfs
mense wat gewild is en lyk asof hulle baie vriende
het? Die Here het elkeen van ons gemaak met ‘n
diep behoefte daaraan om liefgehê te word.
Mense kan nooit regtig daardie behoefte vervul nie,
slegs die Here kan daardie behoefte vervul.
Mense maak almal foute en hulle sal ons dus
(selfs al bedoel hulle dit nie)
soms seer maak of teleurstel. Ons kan slegs op die Here vertrou.
Daarom is dit belangrik dat jy sal weet wie die Here is, wie jy is, en dat Hy jou verskriklik lief het, liewer as wat jy ooit kan dink!
Het jy geweet dat daar net
een mens op die aarde is wat soos jy is? Ja!
Die Here het jou baie spesiaal gemaak!
Jy is uniek! Wie is die Here?
Hy is die Een wat die hemel en
die aarde en alles daarop gemaak het
(ja, ook vir jou!).
Hy is ook die Een wat jou so lief het
dat Hy bereid was om in jou plek dood
te gaan vir die straf van al jou sondes.
Hy is die Een wat jou BESTE VRIEND wil wees.
Wil jy graag verder lees oor een van hierdie onderwerpe?