top of page

God  is ...

Heilig
Hy het nog nooit iets verkeerd (sondig) gedoen nie, en sal ook

nooit nie.

… Die Skepper

Hy het alles gemaak:  die heelal met sy biljoene sterrestelsels, die planete, die mense, diere, plante. Hy het ook goedjies gemaak wat so klein is dat ons dit nie eens kan sien           nie!

 ... Lig

In Hom is daar geen duisternis (donkerte) nie.

Tydloos
Hy was van altyd af daar, en sal vir ewig wees. Vir Hom is een dag soos ’n duisend jaar en ‘n duisend jaar soos een dag!

Alomteenwoordig
God is oral. Of jy nou in Suid-Afrika of in Antarktika sit, en of jy nou maan toe gaan in ’n ruimtetuig, Hy is by jou!

Alwetend
God weet alles. Hy weet wat jy gaan doen nog voordat jy dit doen! Hy weet selfs wat jy dink! Jy kan niks vir Hom wegsteek nie.

                  … Liefde
              Al is Hy so groot       en wonderlik en                 slim, en al is daar soveel miljoene mense                    op aarde, en al is die aarde slegs ’n                       spikkeltjie in die heelal, het Hy vir jou                      verskriklik lief! Hy ken jou op jou                            naam. Hy het ’n baie spesiale                                           plan vir jou lewe.

© 2023 by SKATKIS. Proudly created with Wix.com

  • Facebook Social Icon
  • Twitter Social Icon
  • Google+ Social Icon
bottom of page