![](https://static.wixstatic.com/media/2d32cd_91bbb6c977814e24af17a119b00bf1a3~mv2.jpg/v1/fill/w_696,h_522,al_c,q_85,usm_0.66_1.00_0.01,enc_avif,quality_auto/2d32cd_91bbb6c977814e24af17a119b00bf1a3~mv2.jpg)
Heer, vergewe my.
Al die vrae waarop jy “ja” geantwoord het, is sonde!
Sonde maak dat daar ’n skeiding tussen jou en God kom. Die enigste manier om dit reg te maak, is om jou sondes te bely.
Praat sommer nou met die Here:
Here, ek is sondig. Ek het al ….. (noem die sondes by die naam).
Ek weet dit is verkeerd.
Vergewe my asseblief.
Help my om dit nie weer te doen nie.
Goeie nuus!
As jy jou sondes erken het en gevra het dat die Here jou moet vergewe, sal Hy jou vergewe. Gaan onderstreep 1 Johannes 1:8, 9 in jou Bybel.
As jy vergewe is, kan jy met vrymoedigheid na God gaan – die skeiding wat daar tussen julle was, is weg.
As jy jou sondes bely, vergewe en vergeet die Here daarvan.
Vee nou al die “ja’s” uit.
Net soos die bladsytjie nou wys dat jy geen sondes het nie,
so sien die Here jou nadat jy dit bely het.
Onthou om van nou af gereeld na te dink oor jou sondes
en dit dadelik te bely.
Wat beteken “bely”?
Dit beteken “om saam te stem”. 1 Johannes 1:9 sê dat God ons vergewe as ons ons sondes bely. Met ander woorde, as jy met God saamstem dat dit sonde is. God wil graag hê dat ons sal verstaan hoeveel Hy sonde haat.
Beantwoord die volgende vrae eerlik:
Het jou hande al ooit...
-
iemand seer gemaak?
-
iemand se goed met opset gebreek?
-
ander kinders rondgestamp?
-
aan iemand se lyf geraak waar jy nie moes nie?
-
antwoorde afgekyk by 'n maat?
-
iets gevat wat nie joune is nie?
-
TV programme gekyk wat jy weet jy mag nie?
-
Webtuistes besoek wat verkeerde goed op het?
-
Verkeerde briefies geskryf?
-
Lelike boodskappe vir mense ge-SMS?
Het jy al ooit met jou mond...
-
Die Here se naam lelik gebruik?
-
gevloek of vuil taal gebruik?
-
geskinder van iemand?
-
iemand sleg gesê?
-
gejok of gelieg?
Het jy al ooit met jou gedagtes...
-
gewens iets sleg gebeur met iemand?
-
iemand gehaat?
-
gekies om iets goed, wat jy behoort te doen, nie te doen nie?
-
gewens dat iets ,wat iemand anders s'n is, joune was?