God wil jou
vriend wees
Deur Susan Botha
Het jy al gewonder hoekom jy lyk soos wat jy lyk? Hoekom het jy blonde hare en blou oë of hoekom is jy lank en maer? Miskien wonder jy hoekom jou beste maat so goed doen in Wiskunde en jy nie.
Het jy geweet?
Toe God jou gemaak het, het Hy jou spesiaal so gemaak het? Hy het jou so gemaak, omdat Hy ’n plan met jou lewe het. Dit maak nie vir Hom saak hoe jy lyk of hoe slim jy is nie. Hy is lief vir jou net soos jy is.
Hy het jou gemaak,
omdat Hy jou
beste Vriend
wil wees.
Hoe kan God jou beste Vriend word?
· Jy kan Hom vra om jou beste Vriend te wees.
· Daarna moet jy ’n plek kry waar jy elke dag by Hom kan kuier.
· Onthou dat jy nie alleen al die praatwerk moet doen nie.
Nee, jy moet Hom ook kans gee om met jou te gesels.
Vriende praat mos met mekaar
Jy kan nou vir Hom vra om
jou Vriend te wees:
Vader, dankie dat U my liefhet net soos ek is. Ek weet Jesus het aan die kruis
gesterf en weer opgestaan, sodat my sondes vergewe kan word. Ek is baie jammer oor alles wat ek doen waarvan U nie hou nie. Jesus, vergewe my asseblief en wees asseblief
van vandag af my beste
Vriend
Noudat Hy jou Vriend is, kan jy besluit waar jy by Hom wil kuier. Kies die plek wat jou die beste pas:
In jou kamer
In jou boomhuis
In die tuin
Langs die swembad
‘n Ander plek