![](https://static.wixstatic.com/media/2d32cd_91bbb6c977814e24af17a119b00bf1a3~mv2.jpg/v1/fill/w_696,h_522,al_c,q_85,usm_0.66_1.00_0.01,enc_avif,quality_auto/2d32cd_91bbb6c977814e24af17a119b00bf1a3~mv2.jpg)
![](https://static.wixstatic.com/media/2d32cd_d2a9a1bae650485da3fc7e0cea06859d~mv2.png/v1/fill/w_344,h_241,al_c,q_85,usm_0.66_1.00_0.01,enc_avif,quality_auto/2d32cd_d2a9a1bae650485da3fc7e0cea06859d~mv2.png)
Jy is
uniek
![](https://static.wixstatic.com/media/2d32cd_53469c76ab2744a3a0e4f88901dc9fb1~mv2.png/v1/fill/w_600,h_480,al_c,q_85,usm_0.66_1.00_0.01,enc_avif,quality_auto/2d32cd_53469c76ab2744a3a0e4f88901dc9fb1~mv2.png)
Het jy geweet dat daar tussen al die biljoene mense op aarde nêrens iemand is wat presies soos jy is nie? Daar is net EEN van jou!
![](https://static.wixstatic.com/media/2d32cd_4b504ea8c75b44aaa657976460c4d876~mv2.png/v1/fill/w_438,h_473,al_c,q_85,usm_0.66_1.00_0.01,enc_avif,quality_auto/2d32cd_4b504ea8c75b44aaa657976460c4d876~mv2.png)
Sommige mense het swart hare, ander is blond. Party het bruin oë, ander blou of groen. Sommige mense het ligte velle, ander s’n is donker. Sommiges is lank en ander is kort. Maar eintlik is daar nog baie meer verskille...
![](https://static.wixstatic.com/media/2d32cd_87ecd1b0be2b4c1ba6dc101d23de67f5~mv2.png/v1/fill/w_323,h_324,al_c,q_85,usm_0.66_1.00_0.01,enc_avif,quality_auto/2d32cd_87ecd1b0be2b4c1ba6dc101d23de67f5~mv2.png)
God het jou baie spesiaal gemaak. Nog voordat jy gebore is, het Hy presies geweet hoe jy gaan lyk. Hy ontwerp elke mens en beplan hoe jou unieke patroon gaan lyk - ook watse persoonlikheid jy gaan hê.
Slegs 3 maande nadat jy in jou ma se baarmoeder begin groei het, het jy al jou eie unieke vingerafdrukke gehad!
Wat maak jou anders?
Elke mens se liggaam bestaan uit ’n groot klomp selle. Hulle is so klein dat jy hulle nie eens met jou oog kan sien nie. In die middel van elke sel is ’n stringetjie inligting. Hierdie stringetjies inligting word gene genoem. Elke mens se gene bevat ’n spesifieke patroon, en dit is hierdie patroon wat bepaal hoe jou liggaam ontwikkel en hoe jy uiteindelik sal lyk.
Elke mens het unieke:
· Vingerafdrukke
· Tongpatrone
· Reuk
· Hare
![](https://static.wixstatic.com/media/2d32cd_2caedef2ccf24fdfbca98fe448cf6576~mv2.png/v1/fill/w_231,h_232,al_c,q_85,usm_0.66_1.00_0.01,enc_avif,quality_auto/2d32cd_2caedef2ccf24fdfbca98fe448cf6576~mv2.png)
![](https://static.wixstatic.com/media/2d32cd_e780ab474acd4f288688959bc50135d3~mv2.png/v1/fill/w_492,h_226,al_c,q_85,usm_0.66_1.00_0.01,enc_avif,quality_auto/2d32cd_e780ab474acd4f288688959bc50135d3~mv2.png)
Het jy geweet?
![](https://static.wixstatic.com/media/2d32cd_fffa3f2f74bf42dfbd0e50f56ff46777~mv2.png/v1/crop/x_299,y_0,w_339,h_291/fill/w_225,h_193,al_c,q_85,usm_0.66_1.00_0.01,enc_avif,quality_auto/2d32cd_fffa3f2f74bf42dfbd0e50f56ff46777~mv2.png)
Die vel van jou handpalms en vingers het fyn riffeltjies. Hierdie riffeltjies stel jou in staat om goeters op te tel en vas te hou. Elke mens se riffels het ’n unieke patroon. En boonop verskil die patrone nog van vinger tot vinger ook!
![](https://static.wixstatic.com/media/2d32cd_751fdc61446a42249d9486011967bd8a~mv2.png/v1/crop/x_26,y_0,w_316,h_552/fill/w_116,h_203,al_c,q_85,usm_0.66_1.00_0.01,enc_avif,quality_auto/2d32cd_751fdc61446a42249d9486011967bd8a~mv2.png)
Vinger-afdrukke
Niemand lyk presies soos jy nie, maar jy lyk waarskynlik meer soos jou ouers, broers en susters as wat jy na jou klasmaats lyk. Dit is omdat jy die helfte van jou gene van jou pa gekry het en die ander helfte van jou ma.
Jy kry dalk jou ma se krulhare terwyl jou boetie jou pa se steil hare kry. Dit word bepaal deur watter gene jy gekry het en watter jou boetie gekry het. Daar is soveel moontlikhede dat jou ouers duisende kinders kan kry en nie een van hulle sal presies dieselfde wees nie!
Jy kan selfs eienskappe van jou oupa of ouma erf, want hul gene is na jou pa of ma oorgedra en toe weer na jou oorgedra.
![](https://static.wixstatic.com/media/2d32cd_15d1383ebe60488085ec1c8244a638dc~mv2.png/v1/fill/w_206,h_412,al_c,q_85,usm_0.66_1.00_0.01,enc_avif,quality_auto/2d32cd_15d1383ebe60488085ec1c8244a638dc~mv2.png)