top of page

Wat is sonde?

 Ons het gesien dat God
· Almagtig
· Heilig
· Die Skepper
· Liefde
is.
 
Maar, al het God ons wonderlik gemaak, is ons ongelukkig almal sondig.

Kom ons maak 'n som:

Sê nou maar jy is baie oulik en gehoorsaam en doen net een sonde op 'n dag. (Meeste van ons doen definitief baie meer!)

Dit beteken jy doen so 365 sondes in 'n jaar. Vermenigvuldig dit nou met jou ouderdom.

As jy 10 jaar oud is het jy nou al 10 x 365 = 3 650 sondes in jou lewe gedoen!

Wat is sonde?
Sonde is al die verkeerde dinge wat jy:
· dink
· sê
· doen
en al die goeie dinge wat jy behoort te doen, wat jy nie doen nie.

 
Het jy al soms gedink: “Ag wat, ek het nog nooit gesteel of iemand doodgemaak nie, daarom is ek eintlik nogal ’n goeie mens.”

 
Wel, onthou dan dat God anders oor sonde dink as ons! Hy weet selfs wat ons dink. Dus, as jy weer kwaad is vir ’n maat en jy verwens hom, doen jy sonde, selfs al sê jy niks lelik vir hom nie en jy skop of slaan hom nie.  Sjoe, nou besef mens eers hoe sondig elkeen van ons eintlik is!

’n Probleem
God is heilig en ons is sondig. God haat sonde (die slegte goeters wat ons doen), maar hy is lief vir die sondaar (die mens wat die sonde doen). God is regverdig en moet sonde straf. Hoe nou gemaak?
 
Ons kan ook maar probeer soos ons wil, ons kan nie vanself ophou sondig nie.  Ons kan nie self by God probeer uitkom nie, want ons sondes maak dat daar ’n groot kloof tussen ons en Hom is.
 
 
Maar God is getrou. Hy het ’n briljante plan gemaak – Jesus!

© 2023 by SKATKIS. Proudly created with Wix.com

  • Facebook Social Icon
  • Twitter Social Icon
  • Google+ Social Icon
bottom of page