Jesus - God se antwoord
Ons gesien dat ons mense maar vol sondes is, selfs al probeer ons nogal om mooi te lewe. God (wat heilig is) haat sonde, en moet dit straf. Maar Hy het ons (die sondaars) baie lief en wil graag hê dat ons eendag saam met Hom in die hemel sal wees. Toe het God besluit om Sy Seun, Jesus, na die aarde te stuur en Hom in ons plek te straf!
Wie is Jesus?
Jesus is
· die Seun van God
· Heilig (sonder enige sonde)
· volkome mens
(het ook honger en moeg geword, net soos ons)
· baie lief vir jou.
Jesus…
· is in ons plek gestraf, en is daarom doodgemaak
· het weer lewendig geword (opgestaan uit die dood)
· het hemel toe gegaan
· is die enigste een wat ons sondes kan wegneem
· maak vir ons plek reg in die hemel
Sê nou maar jou maat doen ’n baie stoute ding. Die onderwyser vang hom uit en wil hom straf. Sal jy bereid wees om op te staan, en in sy plek gestraf te word? Dit is nie so maklik nie, né? Maar Jesus het presies dit gedoen! Hy het jou so lief dat Hy bereid was om in jou plek gestraf te word. Die straf was nie sommer net uitskryfwerk of ’n swart kol agter sy Naam nie. Nee, Hy moes doodgemaak word. Dit klink vreeslik! Dit ís vreeslik!
Maar dit wys vir jou hoe VREESLIK LIEF Hy vir JOU is