![](https://static.wixstatic.com/media/2d32cd_91bbb6c977814e24af17a119b00bf1a3~mv2.jpg/v1/fill/w_696,h_522,al_c,q_85,usm_0.66_1.00_0.01,enc_avif,quality_auto/2d32cd_91bbb6c977814e24af17a119b00bf1a3~mv2.jpg)
![](https://static.wixstatic.com/media/bc97b991bed9d26c481b52c93e1e1ff0.jpg/v1/fill/w_335,h_504,al_c,q_80,usm_0.66_1.00_0.01,enc_avif,quality_auto/bc97b991bed9d26c481b52c93e1e1ff0.jpg)
Gesels met
GOD
Deur Susan Botha
“Ek kan nie wag om vir
ou Gert te sien nie, ek het
soveel om vir hom te vertel!
Ek wil vir hom vertel van
al die pret wat ons hierdie
vakansie gehad het!
Ek wonder watse goed het hy alles aangevang…”
Is dit vir jou ook lekker om vir iemand te vertel van alles wat met jou gebeur en van al die dinge waaroor jy wonder? Hou jy daarvan om te gesels?
Met wie kan jy almal gesels?
Met Pappa en Mamma, jou boetie en sussie, Meneer of Juffrou, en natuurlik met jou maats!
Maar daar is nog iemand met wie jy kan gesels.
![](https://static.wixstatic.com/media/592e774b00fb2127d5383cd4b6081bb1.png/v1/fill/w_600,h_70,al_c,q_85,usm_0.66_1.00_0.01,enc_avif,quality_auto/592e774b00fb2127d5383cd4b6081bb1.png)
Jy kan met die Here gesels oor alles:
Oor die goed wat jou
hartseer maak
bang maak
bekommerd maak
bly maak
opgewonde maak.
As jy ‘n nuwe speelding kry of Juffrou sê dat jy vandag baie mooi gewerk het, kan jy dit vir die Here vertel. Hy wil hê jy moet met Hom daaroor gesels.
In die Bybel staan daar in Matteus 19:14 dat mense nie mag keer dat kinders na Jesus toe mag gaan nie. Dit beteken dat niemand kinders mag keer om met Hom
te gesels nie.
Het jy geweet?
Om te bid is om met God te gesels....
}
Hy is nooit te besig om na jou te luister nie.
Hy luister nooit net met ‘n halwe oor nie. Hy vergeet nooit as jy vir Hom van iets vertel nie.
Hy wil so graag hê dat jy elke dag met Hom moet gesels, want Hy wil jou beste Vriend wees.
Hy wil hoor wat maak jou gelukkig. Hy wil ook hoor hoe jy voel as iemand jou ongelukkig maak.
Ons praat natuurlik nou van die Here!