top of page

Pappa & Mamma is  geskei: 

Deur Jeanette Oberholster

Verandering

Wat kan Erna doen om haar situasie makliker te maak?

  • Bid elke dag en sê vir Jesus dankie vir alles wat sy wel het – konsentreer op wat sy het, nie op wat sy verloor het nie.

  • Bid vir Pappa en Mamma, want hulle het ook ’n klomp goed verloor!

  • Spaar haar sakgeld en koop vir haar vissies of dalk ’n voëltjie.

  • Kies een buitemuurse aktiwiteit waarvan sy die meeste hou en sit al haar tyd en energie daarin – dan sal sy sommer baie goed daarin vaar!

  • Wanneer haar mamma saans moeg by die huis kom, kan Erna haar help met die skottelgoed en wasgoed. Sy kan aanbied om vir Mamma ’n lekker koppie tee te maak.

  • Pas haar klere en ander goedjies mooi op sodat dit nie wegraak of stukkend word nie.

  • Moenie kos mors nie.

  • Beplan saam met Mamma uitstappies soos na die dieretuin of parkie. Onthou: dit hoef nie duur uitstappies te wees nie!

  • Onthou om gereeld vir Pappa en Mamma te sê dat sy baie lief is vir hulle.

Erna se pappa en mamma is nou geskei en baie dinge het verander…
 

Kom ons kyk wat alles verander het:

  • Haar pappa woon nou in ’n ander huis en haar boetie woon by hom.

  • Sommige naweke en vakansies gaan kuier sy (sonder Mamma) by hulle.

  • Erna en haar klein sussie woon saam met hul mamma in ’n woonstel. Sy mis die tuin, boomhuis en veral vir Wagter, hul groot ou hond.

  • Sy moes ook na ’n ander skool gaan en dit was glad nie lekker nie. Gelukkig het sy gou nuwe maatjies gemaak nadat Mamma haar geleer het dat as jy ’n vriend wil hê, moet jy self eers een wees!

  • Sy kan nie meer aan al die buitemuurse aktiwiteite deelneem wat sy voorheen gedoen het nie, want daar is nou minder geld.

  • Hulle is nou in ’n nuwe kerk en sy het ’n nuwe Sondagskooljuffrou.

  • Hulle kan nie meer gereeld met vakansie gaan nie .

  • Erna se mamma moes werk kry en is nie meer smiddae by die huis nie.

  • Erna kry nou minder sakgeld as voorheen

Gebed:
“Dankie Jesus, dat U in Psalm 37:19 vir ons belowe dat ons in tye van nood, genoeg sal hê…” Amen.

© 2023 by SKATKIS. Proudly created with Wix.com

  • Facebook Social Icon
  • Twitter Social Icon
  • Google+ Social Icon
bottom of page