![](https://static.wixstatic.com/media/2d32cd_91bbb6c977814e24af17a119b00bf1a3~mv2.jpg/v1/fill/w_696,h_522,al_c,q_85,usm_0.66_1.00_0.01,enc_avif,quality_auto/2d32cd_91bbb6c977814e24af17a119b00bf1a3~mv2.jpg)
Liewe Skatkis-maat
Ek wil jou graag vertel van die Julie vekansie toe ek en my sussie by my
pappa gaan kuier het. Ek was so bly om weer my boetie te sien, want hy
bly mos by pappa. (Ek en sussie bly by mamma.)
My boetie het vir ons elkeen ’n armbant gegee. Hy sê dis omat hy lief is vir ons.
Pappa was baje gaaf. Hy het ons na ’n dam toe gevat om vir die eendjies en vooltjies te gaan broot gee. Hy het gesê ons moet kyk hoe mooi hulle is en weet dat hulle oor niks bekomerd is nie, want Jesus sorg vir hulle. Pappa sê as Jesus vir die vooltjies sorg, sal Hy ook vir ons sorg. Dit maak my hartjie bly, want nou weet ek dat ek nie bang hoef te wees as daar nie meer so baie geld is soos altyd nie, want Jesus sal vir ons sorg.
Pappa het vir ons roomys gekoop. Dit was lekker. Hy het elke aand voor slaaptyt vir ons ’n stoorie vertel. My hart was seer toe ons weer tata moes sê. Hy het gesê dat al is hy nie altyd by ons nie, is ons hemelse Pappa vir altyt en altyt by ons, ook as ons bang is in die nag of as ons huil. Ons hemelse Pappa is Jesus en Hy weet selfs as daar ’n haar van my kop afval.
Ek het blonde hare. Mamma het vir my ’n tassie met haarrekkies en linte gegee vir my verjaarsdag.Toe my sussie verjaar het, het sy ’n kabouterlampie gekry omdat sy bang is om in die aand met haar lig af te slaap. Ons is almal biekie bang omdat pappa nie meer in die huis is nie.
My Sondagskooljuffrou sê dat die Here klomp engele het om ons op te pas in die dag en in die nag.Sy het vir ons ’n stoorie vertel van Daniël in die leeukuil en he die emgele hom beskerm het. Daarom is ek nie meer so bang nie. Ek weet ook ek kan enige tyd met Jesus praat. Hys is langs my, al kan ek Hom nie sien nie.
Ek weet Jesus sal ons hjelp deur alles. Hy sal vir jou ok hjelp.
Erna