top of page

Pappa & Mamma skei: 

Deur Jeanette Oberholster

Ontkenning & Woede

Erna val al verder en verder af in die gat (egskeiding). Sy skreeu en huil – later word sy stil en baie bang, want sy wonder hoe diep hierdie gat is waarin sy nou besig is om in te val. Sy maak haar ogies toe en dink aan alles wat besig is om met haar te gebeur en wat nog gaan gebeur. - Sy sê vir haarself: “Nee, dit gebeur nie regtig nie. Dit is alles net ’n droom...”
 
Is jou pappa en mamma besig om te skei of dalk reeds geskei? Dan het jy seker ook soos Erna al gesê “dit voel of ek droom” of  “nee, dit kan nie waar wees nie” – Hierdie reaksie noem ons
ONTKENNING.
Erna besef dat dit nie ’n droom is nie. Dis regtig. Nou word sy kwaad. ’n Ander woord vir ‘kwaad’ is WOEDE. Sy’s kwaad vir haar pappa, vir haar mamma, vir Jesus en vir haarself!
 
Ons mag kwaad word, dis normaal. Die Bybel sê jy moet net nie dat die kwaad jou sonde laat doen nie. Psalm 4:5 “As jy kwaad word, moenie sondig nie; dink in stilte daaroor na as jy gaan lê en laat dit  daarby.” Efesiers 4:26 “As julle kwaad word, moenie sondig nie, en moenie ’n dag kwaad afsluit nie.
 
Dit is belangrik dat jy besef ’n mens kan niks doen om hierdie gevoelens te keer nie, want God het hulle so uitgewerk om ons te help, want
SKOK gee jou krag om jouself te verdedig. ONTKENNING help jou om die tyd om te kry en WOEDE is weer nodig om jou op die ou einde te help om uit die gat uit te klim. Dink aan ’n motor wat in ’n gat vassit. Jy het baie krag nodig om hierdie motor uit die gat te stoot.

Het jy dringend
iemand nodig om
mee te praat?


 Childline  
Tel. 08000 55555 tolvry


Radio Kansel Beraders  
Tel. 012-334-1320

© 2023 by SKATKIS. Proudly created with Wix.com

  • Facebook Social Icon
  • Twitter Social Icon
  • Google+ Social Icon
bottom of page