top of page
My liefste mensekind
Ek is so lief vir jou! Jy is baie spesiaal. Jy is vir my so mooi en perfek net soos jy is. Dit maak my hart so bly om te sien as jy lag en vrolik is.
Ek wil graag hê dat jy eendag vir altyd saam met My in die hemel sal kom bly. Daar kan ons saam lag en pret hê en al die mooi dinge saam geniet.
Daar sal niemand ooit hartseer wees of seerkry nie.
Maar…
Daar is dinge wat jy doen wat nie reg is nie.
Jy dink lelike dinge. Jy sê lelike goed. Jy doen slegte dinge. Jy is sondig.En alle sonde moet gestraf word…
Daarom is Ek gekruisig, Ek is in jou plek gestraf. Ek is gekruisig sodat jy kan lewe. Dit was verskriklik seer, maar die pyn was die moeite werd, want ek het jou so lief!
Wil jy My Kind word? Antwoord asb gou!
Liefde,
Jesus
wat isJOU
ANTWOORD?
bottom of page