![](https://static.wixstatic.com/media/2d32cd_91bbb6c977814e24af17a119b00bf1a3~mv2.jpg/v1/fill/w_696,h_522,al_c,q_85,usm_0.66_1.00_0.01,enc_avif,quality_auto/2d32cd_91bbb6c977814e24af17a119b00bf1a3~mv2.jpg)
![](https://static.wixstatic.com/media/ba989948067c93eadc2df2280fc19b2f.png/v1/fill/w_596,h_271,al_c,q_85,usm_0.66_1.00_0.01,enc_avif,quality_auto/ba989948067c93eadc2df2280fc19b2f.png)
![](https://static.wixstatic.com/media/6ce739f8ee664e8d884d545e8d855074.png/v1/fill/w_600,h_600,al_c,q_85,enc_avif,quality_auto/6ce739f8ee664e8d884d545e8d855074.png)
Wat op die aarde is 'n entrepreneur?
Dit is iemand wat:
# oorspronklik kan dink,
# kreatief is en ‘n goeie verbeelding het,
# baie idees het,
# glo dat hy sukses kan behaal,
# nie bang is om ‘n kans te waag nie,
# nie vir ander wag nie, maar self iets begin doen,
# Vreeslik vasbyt het en nie moed opgee as daar haakplekke is nie,
# en ander mense opgewonde kan maak oor sy planne.
As jy ‘n oulike plan of idee het,
bereid is om die kans te waag,
die ding (die produk) kan maak
of die werk kan doen (die diens verskaf), EN teen ‘n wins verkoop, is JY ‘n entrepreneur!
Om te begin as entrepreneur moet jy die volgende onthou:
· Moenie moed opgee as jou eerste idee nie werk nie. Baie mense wat uiteindelik belangrike uitvindings gemaak het, het jare lank gesukkel om hul idees te laat werk.
· Moenie aan jouself twyfel nie.
· Moenie skaam wees om raad of hulp te vra nie.
· Wees bereid om hard te werk.
· Geld is nie alles nie.
· Dink aan maniere waarop jy ander mense kan help.
· Jou talente kom van die Here en jy moet dit tot Sy eer gebruik!