![](https://static.wixstatic.com/media/2d32cd_91bbb6c977814e24af17a119b00bf1a3~mv2.jpg/v1/fill/w_696,h_522,al_c,q_85,usm_0.66_1.00_0.01,enc_avif,quality_auto/2d32cd_91bbb6c977814e24af17a119b00bf1a3~mv2.jpg)
![](https://static.wixstatic.com/media/46ee70b1d71de7338a8f428ca9cd4775.png/v1/fill/w_146,h_140,al_c,q_85,usm_0.66_1.00_0.01,enc_avif,quality_auto/46ee70b1d71de7338a8f428ca9cd4775.png)
Ontwerp tuine!
![](https://static.wixstatic.com/media/e86f5db39b2b434698135e4816de204d.png/v1/fill/w_600,h_899,al_c,q_90,usm_0.66_1.00_0.01,enc_avif,quality_auto/e86f5db39b2b434698135e4816de204d.png)
![](https://static.wixstatic.com/media/8e93f22e9c7d4fd6a842e68c3e049189.png/v1/fill/w_425,h_425,al_c,q_85,usm_0.66_1.00_0.01,enc_avif,quality_auto/8e93f22e9c7d4fd6a842e68c3e049189.png)
![](https://static.wixstatic.com/media/22c62d65468c4dd4b2b31bf4c9ad1c67.png/v1/fill/w_600,h_600,al_c,q_85,enc_avif,quality_auto/22c62d65468c4dd4b2b31bf4c9ad1c67.png)
![](https://static.wixstatic.com/media/2d32cd_5430b1b649db4edfa17bc82fbcc227bd~mv2.jpg/v1/crop/x_0,y_28,w_484,h_627/fill/w_484,h_627,al_c,q_80,enc_avif,quality_auto/2d32cd_5430b1b649db4edfa17bc82fbcc227bd~mv2.jpg)
Is dit vir jou lekker om in ’n mooi tuin te stap, opgewonde elke paadjie te volg en te kyk watse interessante verrassings jy daar kry? Hou jy daarvan om in die tuin te vroetel?
Dan kan jy dit dalk eendag oorweeg om ’n tuinboukundige te word. ’n Tuinboukundige word opgelei om tuine te ontwerp. Hulle word geleer hoe om verskillende dinge in ag te neem, byvoorbeeld, ’n mens sal nie ’n tuin met tropiese plante ontwerp vir ’n gebied waar dit baie ryp nie. Klimaat moet dus in ag geneem word, asook die ligging en aard van die gebou waarvoor ’n tuin ontwerp moet word.
’n Tuinboukundige meet die terrein, maak tekeninge van die terrein en vul dit dan in met toepaslike plante en ander interessanthede soos spuitfonteintjies, bruggies, plaveisel, klippies, ens. Hy leer hoe om dit só te ontwerp dat dit prakties en mooi is. Hy het dus ’n goeie kennis van plante nodig sodat hy kan weet watter plante vir watter toestande ideaal is. Hy is ook verantwoordelik vir die aankoop van al die plante en materiaal en moet uiteindelik toesien dat die tuin verander word volgens die plan soos dit op die tekeninge aangedui is.
Verskillende kursusse kan gevolg word. Dit wissel van ’n diplomakursus by ’n technikon tot graadkursusse by universiteite. Uitstekende kursusse word ook by sommige groot kwekerye aangebied. Indien jy graag groot gebiede wil uitlê soos byvoorbeeld die tuine van ’n groot kompleks of ’n hotel, kan jy studeer vir landskapargitek, waar jy meer gevorderde tegnieke ook sal leer.
Sal jy 'n goeie tuinboukundige maak?
![](https://static.wixstatic.com/media/2d32cd_7b6b44b91ea54aefa3cdb1131ef2e78c.png/v1/fill/w_227,h_264,al_c,q_85,enc_avif,quality_auto/2d32cd_7b6b44b91ea54aefa3cdb1131ef2e78c.png)