top of page

Pappa & Mamma is  geskei: 

Deur Jeanette Oberholster

Totsiens, verlede - Hello, toekoms!

Tot vandag was jy nog soos ’n kuikentjie in sy dop. Vir lank het jy

met al die probleme van Pappa en Mamma se egskeiding, met

jou kop tussen jou bene in jou “dop” gesit, maar met

VERGIFNIS, is jou “dop” gebreek. Jou lewe gaan van vandag af

baie anders wees. Jy het nou 
gegroei en baie sterker geword.

Hoe kan jy verder groei?

  •  Oefen gereeld en eet gesond.

  •  Oefen ook jou geestelike spiere –  maak tyd vir gebed en Bybellees.

  • Ontspan gereeld.

  •  Werk aan jou verhouding met jou familie.

  • Wees spaarsamig.

  • Kies goeie vriende.

 

Help om jou familie te herbou:

  • Respekteer mekaar.

  • Waardeer mekaar.

  • Maak tyd vir mekaar.

  • Sê elke dag iets mooi vir jou pa, ma, boeties en sussies.

Hou Familie-aande en bespreek probleme:

Julle kan elkeen die volgende invul en dan saam bespreek:

  • My grootste vrees is…………………………….........................................  

  • ’n Wonderlike herinnering van ons gesin  ……………………………

  • Ek voel baie hartseer oor ……………………….....................................

  • Ek voel kwaad oor………………………...................................................  

  • Ek voel gelukkig as …………………......................................................

  • Ek waardeer my ma omdat ……………............................................

  • Ek waardeer my pa omdat …………….............................................

  • Ek voel goed as my pa …………….....................................................

  • Ek voel goed as my ma ……………….................................................

  • Ek voel skaam oor …………….............................................................

Dit het met Erna gebeur en was baie moeilik vir haar om te aanvaar. Haar mamma het egter vir haar verduidelik dat, net soos ’n kind vriende nodig het, so het ouers ook vriende nodig, want dis hoe God ons gemaak het. Dit beteken nie haar pappa is nou minder lief vir haar nie. Die nuwe vriendin sal ook nooit die plek van haar regte mamma kan inneem nie.
 
Onthou altyd: Mislukkings van die verlede bepaal nie die sukses van ons toekoms nie. God laat slegte dinge vir ons ten goede uitwerk as ons Hom toelaat en op Hom vertrou. Wanneer ons deur die storm is, kom ons sterker daaruit.
 
Jesaja 65:15 “Maar aan dié wat Hom dien, gee Hy ’n nuwe toekoms.”

Wat as Pappa of Mamma weer trou?

© 2023 by SKATKIS. Proudly created with Wix.com

  • Facebook Social Icon
  • Twitter Social Icon
  • Google+ Social Icon
bottom of page