top of page

Deur Ansie Fouché

STRES!

Ek 

Wat is Stres?

Stres is ’n reaksie wat binne in ons lyfies gebeur. Dit is ons reaksie op goed wat met ons gebeur. Die slegte of moeilike ding wat gebeur is nie stres nie, maar jou reaksie op hierdie slegte of moeilike ding is “stres”. Met ander woorde die wiskunde toets is nie stres nie, maar dit mag veroorsaak dat ons stres of stresreaksies toon. Wanneer iets met ons gebeur, en ons is bang, kwaad of selfs opgewonde, dink, voel en tree ons dikwels anders as normaalweg op.
 

Ons kry positiewe en negatiewe stres. Positiewe stres laat ons net nog harder probeer, terwyl negatiewe stres ons slegter kan laat presteer. Wanneer jy stres ervaar, voor ’n sportwedstryd, maak dit dat jy harder probeer en meer versigtig is. Dit is positiewe stres. Wanneer jy te veel stres ervaar en nie weet hoe om dit te hanteer nie, kan dit veroorsaak dat jy baie sleg voel en nie jou beste doen nie.

Raai Wat...

Ons ervaar nie net stres as gevolg van slegte dinge nie, maar selfs dinge wat lekker en goed is kan ons laat stres.

Ons kan nie keer dat ons stres ervaar nie,
maar ons kan probeer keer dat ons stres op ’n slegte manier hanteer.
 
Jy ervaar eksamenstres voor ’n toets of eksamen, omdat jy nie weet hoe jy gaan vaar nie. Hierdie bangheid is nie noodwendig sleg nie. As jy hard genoeg geleer het, kan die stres jou help om harder te konsentreer.

Simptome

seer maag wat óf baie werk óf sukkel om te werk

Kopseer

Moegheid

jok baie

geïrriteerd

Bang

Sukkel om te konsentreer

Huilerig

Bekommerd

voel hartseer

Bakleierig

Sukkel om te leer

slaap sleg

Besluitloos

vreemde eetlus

Raak gou kwaad

Wil nie met maats speel nie

Klouerig

Sukkel om te onthou

Wanneer ’n persoon stres ervaar, is dit sy keuse wat hy daarmee gaan doen en hang dit grootliks af daarvan of jy dit op ’n positiewe of negatiewe manier benader.

Eet gesond
Dit is belangrik dat ons gesond

eet (groente, vrugte, drink baie

water, min lekkers) sodat ons

brein en liggaam sterk

genoeg is,wanneer dinge

gebeur wat moontlikstres by

ons kan veroorsaak.

Wanneer julle see toe ry, gaan

pappa eers die motor se bande

na, en kyk of alles reg is met die

motor. Net so moet ons sorg dat

ons liggame reg en gesond is,

wanneer ons eksamen skryf.

Jy kan nietoets skryf as jy ’n klomp lekkers die

oggend geëet het,of nie ontbyt gehad het nie.

Dit is ook belangrik dat jy nie lekkers en ander

soetgoed eet wanneer jy leer nie,want dit maak

dat jy nie lekker kan konsentreer nie.

Leer met ’n glas water langs jou want water het

suurstof in, wat jou brein help om lekker te

konsentreer.

Hoe

kan jy jou stres hanteer?

Dink positief
    Die manier hoe jy dink oor die toets beïnvloed              of jy wil hard leer of nie. As jy dink dit is                   tydmors of dat jy dom of nie goed genoeg is,            gaan jy nie jou beste gee nie, en allerhande           verskonings uitdink om nie te leer nie. Dink            eerder aan die toets as ’n manier om jou               slimmer te maak en voor te berei op jou werk        wat jy eendag wil doen. Jy wil ook seker eendag werk, jou eie geld verdien en, wie weet, ’n “snazzy” motortjie te koop!  Onthou die werkies wat jy in graad 5 nie reggekry het nie, gaan graad 6 net nog moeiliker maak en so dieselfde met die ander grade. So, begin sommer dadelik en leer jou tafels!

Oefening
Het jy geweet dat oefening jou kan help om beter te konsentreer? Ja, en jy hoef nie te oefen tot jy flou lê nie! Jy kan                touspring, om die huis stap of selfs rugby of netbal                                    saam met jou boetie of sussie buite speel.

       Praat met iemand
      Praat met iemand wat jy vertrou of        skryf ’n briefie waarin jy die redes          waarom jy stres ervaar, verduidelik.

Bid

Onthou Jesus is deur middel van die Heilige Gees heeltyd by ons en sal jou nooit alleen los nie. Jesus het allerhande wonderlike planne vir jou wanneer jy groot is! Nie net moet jou liggaam groei en groter word nie, maar ook jou brein moet met meer en meer kennis volgestop word om jou voor te brei vir die grootmenswêreld. Bid en vra vir Jesus om jou te help met selfdissipline om betyds te begin voorberei vir die eksamen en toetse. As jy jou deel doen, sal Hy Sy deel doen.

Ontspannings- & AsemhalingsOefeninge

Wanneer ons bang is en stres, hou ons ons asem op. Weet jy wat dan gebeur? Jou brein wat suurstof nodig het om te kan werk, kry minder suurstof. Vra vir mamma wanneer julle weer spaghetti kook om vir jou te wys hoe lyk die spaghetti voor sy dit in die pot gooi en dan kyk jy hoe lyk

die spaghetti as dit klaar gekook is. Dit is stokstyf voor die tyd, dit is hoe ons lyk

as ons stres ervaar. Ons lyfies is styfgetrek soos ons bekommerd of bang is.

Wanneer ons stres ervaar is ons soos die rou spaghetti, ons “breek”

(huil, raak kwaad) ook maklik. Wanneer ons ontspanningsoefeing

gedoen het lyk ons lyfies soos die klaar gekookte spaghetti,

lekker ontspanne en slap.Dit is dus nodig om te onthou om voor

en gedurende ’n stresvolle situasie  dat jy asemhalings- en

ontspanningsoefeninge doen.
 
Lees die volgende oefeninge deur en vra vir mamma, pappa, ouma of oupa

of selfs vir boetie en sussie om dit saam met jou te doen.
 
Kerse: Plaas altwee jou hande in die lug voor jou gesig. Verbeel jou dat jou tien

vingers elkeen ’n kers is. Begin die kerse(vinger) een vir een doodblaas en vou dan

jou vinger weg sodat jy kan sien hoeveel kerse daar nog oor is. Jy kan ook aan 10

goed waaroor jy bekommerd is dink en “blaas” dit dan met elke vinger weg.
 
Wind: Staan regop en verbeel jou ’n vreeslike wind kom aangewaai. Verbeel jou hy waai jou bolyf heen en weer en  dan los hy jou bolyf en begin jou een been heen en weer waai. Dan kom jou arms en kop aan die beurt. Laat die wind jou so rukkie rondwaai en besluit dan om doodstil en stokstyf te staan en “voel” hoe die wind jou probeer omwaai.
 
Sneeuman: Verbeel jou jy is ’n sneeuman wat stokstyf gevries is. Strek jou arms uit en staan wydsbeen. Skielik begin die son uitkom en jy begin smelt. Jou hande smelt en dan jou arms (laat val dit langs jou sye). Nou kom jou lyf aan die beurt. Sak stadig af grond toe  en voor jy kan weet is jy net ’n plassie water!

VOORKOM 

STRES

                                                                                            #Wees eerlik met jouself en vra: “Het ek genoeg geleer?”.                                                                             Indien nie, gaan leer nog harder.
                                                                  #Kyk na hoeveel eksamens en toetse jy al wel geskryf het, en                                                                        sê vir jouself “Ek het al baie ander toetse en eksamens                                                                    deurgekom, hoekom nie hierdie een ook nie?”.
                                                               #Herinner jouself dat dit gebeur met almal om partykeer nie                                                                           alles te kan onthou nie. Hou op bekommer of jy gaan onthou,                                                                      en fokus eerder op maniere om die werk makliker te onthou.
 # Moenie eers die aand voor die tyd begin leer nie.
#Vat gereeld ’n blaaskansie wanneer jy leer.
#Wanneer jy die toets of vraestel kry, lees die vraag twee keer deur, en herhaal die vraag in jou                 gedagtes. Vra vir jouself, verstaan ek die vraag, wat is dit wat juffrou wil hê?
#As jy weet jy sukkel om detail raak te sien, vra vir mamma om vir jou gekleurde merkpenne te koop en       “highlight” die belangrike konsepte in die vraag.
#Terwyl jy leer of wanneer jy besig is met jou toets, haal diep asem sodat jou brein kan suurstof kry, en     as jy voel jou maag trek op ’n knop, blaas gou jou tien kerse uit.

Onthou:

Om te leer vir ’n toets of eksamen is

soos om ’n bad vol water leeg te

maak met ’n klein sponsie.
As jy nie lank genoeg voor die tyd begin nie, sal jy nooit betyds klaar kry nie!

© 2023 by SKATKIS. Proudly created with Wix.com

  • Facebook Social Icon
  • Twitter Social Icon
  • Google+ Social Icon
bottom of page