top of page

 sien

Jy sien met jou oë.  ’n Oog is soos ’n klein balletjie, omtrent 2 cm in wydte.  Dit word aan die buitekant met drie lagies bedek.  Die grootste deel van die binnekant van die oog is gevul met deurskynende jellie.

Hoe

ek?

IRIS
Hierdie is die gekleurde deel van jou oog. Dit bevat spiertjies wat die pupil (swart kolletjie in die middel van jou oog) groter en kleiner trek. Die iris trek saam in skerp lig, wat veroorsaak dat die pupil kleiner word.  As dit effens donker is, maak die iris wyer oop en laat sodoende meer lig in.  Die pupil word dan groter.  
OPTIESE SENUWEE
Dit dra boodskappe (impulse) na die brein oor wat jy sien
RETINA
is die gedeelte agter die iris, pupil en die lens. Dit bevat senuweeselle (fotoreseptore) wat die lig wat deur die lens beweeg omskakel in 'n boodskap (impuls). 
LENS
Agter die iris en die pupil is die lens.  Wanneer ons na iets kyk, beweeg ligstrale van daardie ding deur die lens na die sensitiewe retina van jou oog.  Die lens fokus die beeld van die voorwerp en die beeld eindig onderstebo op die retina. 
PUPIL
Dit is die swart kolletjie in die middel
van jou oog. Die pupil is eintlik 'n
gaatjie wat  beheer hoeveel lig deur
die lens beweeg. Staan naby aan ’n spieël in ’n ligte vertrek.  Hou jou oë vir ’n rukkie toe.  Maak hulle oop en kyk gou na die pupille.  Kyk hoe verander dit.  Aanvanklik is die pupille groot, en dan word dit kleiner om te keer dat te veel lig in die oë inkom. 

Brille & Kontaklense

As die lens van jou oog só is dat dit nie ’n
goeie beeld kan vorm nie, het jy ’n bril of
kontaklense nodig om dit reg te stel.  As
iemand nie ver kan sien nie, sê ons hy is
bysiende.  In hierdie geval word die ligstrale van
die voorwerp voor die retina gevorm en sien die
persoon ’n verwronge en dowwe (blurred)
beeld.  As iemand nie voorwerpe wat naby
is goed kan sien nie, sê ons hy is versiende.  In hierdie geval word die ligstrale van die voorwerp agter die retina gevorm en sien die persoon weereens ’n verwronge beeld.

Hoekom "huil"                    Mamma as sy                          uie kap?

Traankliere produseer ’n souterige vloeistof wat help om die bindvlies (die vliesie wat die oog beskerm) klam te hou en te help om klein stofdeeltjies uit te was.  Die bindvlies is baie sensitief en uie veroorsaak dat die traankliere meer en meer vloeistof produseer, wat veroorsaak dat dit later oorloop en veroorsaak dat trane by mamma se gesig afstroom.

Wat is  kleurblind?

Meeste mense wat kleurblind is, kan nie die verskil tussen groen en rooi raaksien nie.  Dit kan nogal probleme by ’n verkeerslig veroorsaak!
Meeste diere kan nie die kleure sien wat ons sien nie.  Katte, honde en perde sien net wit, swart en grys.

Wat sê die Bybel?

Met ons oë kan ons baie van die mooi dinge wat God gemaak het, sien.  Dan kan ons Hom loof en prys.  Ons kan die blou lug, die wolke, die see, die berge, ’n stroompie, ’n mooi voëltjie, my familie en maats, ’n mooi blommetjie sien, en telkens dink dat Hy dit gemaak het en dat ek dit kan sien.
 
Psalm 8 sê dit so mooi:
O, Here, ons Here, almal op aarde kan sien hoe wonderlik U is!  As ek na die hemel kyk, kan ek sien hoe groot en sterk U is.  Selfs klein kindertjies kan U daaroor prys. Selfs mense wat nie van U hou nie, moet erken hoe wonderlik U is.  As ek in die nag opkyk, sien ek die maan en sterre wat U gemaak het.
[Die Bybel@kinders.co.za - Carpe Diem]

© 2023 by SKATKIS. Proudly created with Wix.com

  • Facebook Social Icon
  • Twitter Social Icon
  • Google+ Social Icon
bottom of page