top of page

Roomys

Bestandele:

1 blikkie kondensmelk

1 blikkie ingedampte melk

1 dosie room (250 ml)

5 ml vanieljegeursel

Vars arbeie

Pienk kleursel

Benodighede:

Blikoopsnyer

Klitser

Roomyshouer

Metode:

1. Sny kondensmelkblik oop en gooi kondensmelk in houer.

2. Sny ingedampte melk-blik oop en gooi ingedampte melk in houer.

3. Gooi room daarby.

4. Voeg 1 teelepel vanieljegeursel by.

5. As jy wil, kan jy fyngedrukte arbeie byvoeg of ‘n paar druppels pienk kleursel.

6. Klits deeglik.

7. Plaas houer in vrieskas

8. Klits dit weer wanneer dit effens gevries het, so na 3 ure.  (Dit keer dat die roomys yskristalle vorm en help dat die  roomys lekker romerig word.)

9. Laat dit dan verder vries.  

10. Skep op in ‘n mooi glas. Versier met arbeie, en siedaar! 

Jou eie tuisgemaakte smullekker roomys!

Het jy geweet?

62 jaar voordat Jesus gebore is, het die Roomse keiser slawe na die berge gestuur om sneeu en ys te gaan haal.  Hulle het dit gemeng met fyngemaakte vrugte, heuning en nektar—dit was hul eerste roomys!

© 2023 by SKATKIS. Proudly created with Wix.com

  • Facebook Social Icon
  • Twitter Social Icon
  • Google+ Social Icon
bottom of page