top of page

oulike

Hoe om 'n 

maat te wees...

"Almal het maats, behalwe ek!"

                                              Het jy al so gevoel? Dan wil ek jou                                                          graag vandag troos. Jy is definitief nie die enigste een wat al met hierdie probleem gesukkel het nie. Om die waarheid te sê, meeste kinders het van tyd tot tyd probleme met maats-maak.

Hier volg 'n paar wenke...

Dit wil sê, om die maat te kan groet (“Hello my naam is Ben, wat is jou naam? Hoe oud is jy... “Speel julle ook albasters, wys my hoe speel julle albasters, dan wys ek jou hoe speel ons...Ons doen “handstands”... Sal jy asseblief saam met my “handstands” doen... )


Wanneer ’n maat met jou praat, kyk hom of haar in die oë en antwoord vrae as jy die antwoorde ken, andersins sê “ek weet nie” of “ek wil nie”.

1. Weet hoe om

te gesels 

Dit beteken jy moet nie net heeltyd van jouself vertel of spog oor hoe ryk julle is of watter speelgoed jy het nie.
Jy kan ook vir die maat vra: “Waar was julle die vakansie... Van watter skyfies hou jy... Ek hou van die nuwe Smarties, en jy... Vir watter rugbyspan skree jy... Watter posisie speel jy in die netbal... Hoe was die wiskunde toets vir jou... Wat dink jy gaan vanaand in Sewende Laan gebeur...”

2. Stel  belang in ander  maat

Maats hou daarvan om by mekaar te gaan speel, saam te gaan fliek en mekaar te nooi na partytjies. Wanneer ’n maat jou nooi om by hom te kom speel, sê “dankie dat jy my genooi het, ek sal vir my ma vra of ek mag gaan”. As jy wil hê ’n maat moet by jou kom speel, vra vir Mamma om die maat se ma te bel. As jy ’n uitnodiging kry na ’n verjaarsdagpartytjie, sê dankie vir die maat en vra vir Mamma of jy mag gaan.

Dit is baie belangrik dat kinders luister as ander met hulle praat of raad vra en nie bang is om vir die maat te help om keuses te maak nie “Vat eerder die rooi suigstokkie, want die bloue is suur”.

As ’n maats sukkel met iets, nie weet wat om te besluit nie, hartseer is, miskien seergekry het of iets verloor het, is

dit belangrik dat jy nie net weghardloop of net die maat

aankyk nie. Nee, jy moet dadelik vir die maat  troos deur te

sê “Toe maar, ek sal jou help om jou goed op te tel.” of “Ek sien jy het jou broodjies vergeet, hier is vir jou een van myne.” of “Kom, ek gaan saam met jou na die siekeboeg toe.”

3. Hoe om 'n

maat te help

4. Hoe om

raad te gee

5.  Ontvang en Gee uitnodigings

Onthou: niemand hou daarvan om te verloor nie, maar jy kan nie elke keer wen nie.  Wanneer jy saam met maats speel, moet nie bakleierig raak as jy verloor nie, maar sê eerder: “Ek gaan weer probeer.” Gee ook maats wat dalk nie so goed soos jy is nie, ’n kans om weer te probeer.

6.  Gee mekaar

kanse

Kinders (jy ook) hou nie daarvan dat een maat elke keer die baas wil wees nie. Vra ’n bietjie vir ander kinders ook wat hulle wil speel. Julle hoef nie heeltyd te speel wat jy wil speel nie.

7. Wie is  baas

Wanneer ’n maat iets goed doen sê vir hom/haar “Jy is goed” of “dis baie mooi, sal jy my ook asseblief leer om ’n huisie so mooi te teken?” Wanneer ‘n maat jou ’n kompliment gee, sê dankie, maar moenie so spog oor jou prestasie dat die maat minderwaardig en sleg voel nie.

9.  Gee komplimente

Dit is nie mooi om party dae vriendelik te wees  met ’n maat en die volgende dag dan is jy mislik en onregverdig nie. Probeer om elke dag vriendelik en hulpvaardig te wees. Wanneer jy dalk hartseer of siek voel, sê vir die maat “Ek wil nie vandag saam speel nie, want ek voel sleg”. Dan weet die maat jy is nie kwaad nie. Indien ’n maat lelik was met jou en hy of sy sê vir jou “ek is jammer”, gee hom of haar ’n drukkie en sê “dis reg, kom ons vergeet daarvan”.

8. Probeer om elke dag dieselfde te wees

© 2023 by SKATKIS. Proudly created with Wix.com

  • Facebook Social Icon
  • Twitter Social Icon
  • Google+ Social Icon
bottom of page