top of page

medisyne

Lag

Wetenskaplike bewyse toon dat wanneer jy gestres is en jy dan lekker lag, die lag veroorsaak dat die streshormoon kortisol verminder . Oor tyd kan lag jou hart dan positief beïnvloed.
 
Stres veroorsaak dat jou immuunsisteem (die deel van jou lyf wat teen siektes veg) verswak. Jy word dus makliker siek as jy voortdurend stres beleef. Maar studies toon dat humor die vlakke van die teenliggaampies wat infeksies beveg, kan verhoog.  Dit help dus jou liggaam om weerstand tee siektes te bied.

          Lag, lag, lag,

     want dit is nie net

           baie lekker nie,

                  dit is gesond!

Nie lus vir oefening nie? Lag dan maar!
Wetenskaplikes reken dat om 100 keer te lag, gelykstaande is aan 15 minute se oefening op ’n oefenfiets!

1. Oefen om ten minste 5 minute op ’n dag te lag.
2. Soek die snaakse in dinge rondom jou – mense se gedrag, wat hulle sê, snaakse goed wat met jou gebeur, snaakse goed op die televisie.
3. Vertel vir ander mense van jou verleenthede. Wees bereid om vir jouself te lag!
4. Trek elke dag ’n glimlag aan – dan is jy al klaar ’n bietjie nader aan lag.
5. Sorg dat jy elke dag pret het – alleen, met jou maats of saam met jou gesin. (Moenie wag dat ander planne maak vir pret nie – dink self iets prettigs uit.)
6. Gaan sit voor die spieël en trek vir jouself gesigte totdat jy een kry wat so snaaks is dat jy moet lag.

Iemand het eenkeer gesê dat ’n dag waarop jy nie gelag het nie, ’n vermorste dag is.  Moenie vandag mors nie!

 

Besluit om meer te

LAG

© 2023 by SKATKIS. Proudly created with Wix.com

  • Facebook Social Icon
  • Twitter Social Icon
  • Google+ Social Icon
bottom of page