![](https://static.wixstatic.com/media/2d32cd_91bbb6c977814e24af17a119b00bf1a3~mv2.jpg/v1/fill/w_696,h_522,al_c,q_85,usm_0.66_1.00_0.01,enc_avif,quality_auto/2d32cd_91bbb6c977814e24af17a119b00bf1a3~mv2.jpg)
HELP!
Ek's kwaad & jaloers
Kry meer geskenke as ek
Gaan kuier meer by maats as ek
Sy/haar maats kom meer by hom/haar kuier of oorslaap
Kry meer sakgeld
Doen beter in sport as ek
Is ‘n leier in die skool en ek nie
Doen beter as ek in die skool
Is die oudste en kan meer goed doen as ek
Mag later as ek uitbly
Het cooler partytjies gekry as ek
Kry meer aandag by my pa en ma
Hy/sy is die baas en ek moet vir hom/haar luister
Kry meer klere as ek
Vat my goed (klere/ lekkers/ cd’s / ens)
Krap in my kamer
Breek my goed
Ek raak kwaad vir my boetie/sussie, want hy/sy :
Ek dink mamma en pappa is liewer vir boetie/sussie as vir my want:
hulle vertel vir familie meer goed wat my sussie/boetie reg doen as van my
hulle doen meer goed saam met my boetie/sussie
hulle sê meer mooi goed vir my sussie/boetie
my sussie/boetie kry meer drukkies en soentjies
hulle raas die meeste met my
As ek kwaad/jaloers word vir/op my boetie/sussie dan
slaan ek hom/haar
vertel jokstories vir my ma
is ek hartseer en gaan lê in my kamer
probeer ek ook aandag kry by my ma en pa deur mooi met hulle te wees
probeer ek aandag kry deur stoute dinge te doen
terg ek my boetie/sussie
raak bakleierig
sê ek lelike goed wat ek weet hom/haar sal hartseer maak
huil ek
As jy nou jaloers of kwaad voel, kyk watter goeie maniere jy vandag wil uitprobeer om van jou kwaad ontslae te raak.
Of onthou dit as jy op ‘n ander dag weer so voel!
Soms kom ek nie oor die weg met my boetie/sussie nie, omdat hy/sy amper net soos ek is. Miskien word ons altwee gou kwaad, wil ons altwee al die aandag hê, ons wil altwee die baas wees in speletjies, ons wil altwee die meeste poeding hê, en ons is altwee jaloers.
Baie keer doen my boetie/sussie goeters wat ek nie van hou nie. As ek dit my maatjie was wat dieselfde goeters gedoen het, het ek hom sommer gelos. Maar nou moet ek in dieselfde huis bly as my boetie/sussie, soms selfs in dieselfde kamer. Ons moet leer om oor die weg te kom.
Dit is nie verkeerd om partykeer te baklei en kwaad te raak vir boeties en sussies nie. Maar daar is regte maniere en verkeerde maniere van kwaadraak.
Hoekom is my boetie/sussie so ‘n pyn?
Jesus wil hê ons moet lief wees vir ons boetie en sussie.