![](https://static.wixstatic.com/media/2d32cd_91bbb6c977814e24af17a119b00bf1a3~mv2.jpg/v1/fill/w_696,h_522,al_c,q_85,usm_0.66_1.00_0.01,enc_avif,quality_auto/2d32cd_91bbb6c977814e24af17a119b00bf1a3~mv2.jpg)
Kietsie-kat
![](https://static.wixstatic.com/media/2d32cd_5a865ec4eba447469bf3bd5f2ea51402~mv2.png/v1/fill/w_186,h_106,al_c,q_85,usm_0.66_1.00_0.01,enc_avif,quality_auto/2d32cd_5a865ec4eba447469bf3bd5f2ea51402~mv2.png)
![](https://static.wixstatic.com/media/2d32cd_4309e3e0e30545c8a86cd5d4e0d46a74~mv2.png/v1/fill/w_180,h_180,al_c,q_85,usm_0.66_1.00_0.01,enc_avif,quality_auto/2d32cd_4309e3e0e30545c8a86cd5d4e0d46a74~mv2.png)
![](https://static.wixstatic.com/media/2d32cd_169793492f514d8ca9591c95ad9f5eac~mv2_d_3072_2048_s_2.jpg/v1/crop/x_276,y_0,w_2396,h_2048/fill/w_460,h_392,al_c,q_80,usm_0.66_1.00_0.01,enc_avif,quality_auto/2d32cd_169793492f514d8ca9591c95ad9f5eac~mv2_d_3072_2048_s_2.jpg)
Uit my gebied!
’n Kat baken sy gebied af om ander katte te waarsku om daaruit weg te bly. Hy doen dit deur
· Die grense te besproei met urine
· Die bome te krap
· Sy kop en pote teen die bome en bosse te vryf . So merk hy dit met die reuk van spesiale kliere.
Katvoet
Daar is ’n spreekwoord wat sê dat jy “katvoet loop”. Dit beteken dat jy versigtig iets of iemand versigtig hanteer of benader. Meeste katte loop op hul tone. (Hulle kan dus hul prooi saggies bekruip.) Katte het vyf tone aan hul voorpote, maar die vyfde toon raak nie aan die grond nie. As jy dus ’n katspoortjie in die sand sien, sal jy slegs vier tone sien!
Naelinspeksie
Kat se kind sou geen probleem gehad het om sy lang naels weg te steek tydens naelinspeksie nie! Die rede: katte se naels kan uitgestoot word of ingetrek raak. Hulle stoot dit uit as hulle jag of klim. Andersins trek hulle dit terug in spesiale sakkies om dit te beskerm.
Ag, siesa!
Katte eet soms gras. Dit help om die kos wat hul liggame nie nodig het nie op te bring. Hulle raak op dieselfde manier ontslae van die hare wat hulle insluk as hulle hulself skoonlek
![](https://static.wixstatic.com/media/2d32cd_ca2e2fee1f514eadb12e2a42b38b29aa~mv2.png/v1/fill/w_232,h_349,al_c,q_85,usm_0.66_1.00_0.01,enc_avif,quality_auto/2d32cd_ca2e2fee1f514eadb12e2a42b38b29aa~mv2.png)
![](https://static.wixstatic.com/media/4b3901ffcb8d7ad81a613779d92c9702.jpg/v1/fill/w_293,h_370,al_c,q_80,usm_0.66_1.00_0.01,enc_avif,quality_auto/4b3901ffcb8d7ad81a613779d92c9702.jpg)
Baba-katjies is darem die oulikste goedjies!
Mens wil hulle net optel en vertroetel. As hulle eers oud genoeg is om spelerig te wees, kan hulle sorg vir ure se pret…
Katte het interessante familie met wie mens nie sommer moet sukkel nie, onder andere die luiperd, jagluiperd, tier en selfs die koning van die diere: die leeu.
Nagdiere
Alle katte kan goed in die nag sien. Bedags is die swart deel van die oog wat die lig inlaat, smal en op skrefies getrek. Snags is dit groot en rond om baie lig in te laat.
![](https://static.wixstatic.com/media/b7768e84bd144332a193310b0bbdbb2d.jpg/v1/fill/w_564,h_317,al_c,q_80,usm_0.66_1.00_0.01,enc_avif,quality_auto/b7768e84bd144332a193310b0bbdbb2d.jpg)
Hoekom gloei 'n kat se oë in die donker?
Omdat daar ’n spesiale laag in die oog is wat die lig soos ’n spieël weerkaats. Dié laag word die tapetum genoem.
![](https://static.wixstatic.com/media/449e8a8f6781722dfb72cae0b35746de.png/v1/fill/w_200,h_91,al_c,q_85,enc_avif,quality_auto/449e8a8f6781722dfb72cae0b35746de.png)