top of page

Deur Ansie Fouché

KOP

Hoe werk my juffrou se

Wat is 'n Juffrou?

’n Juffrou is ’n mens met twee ore, wat eintlik die werk van 50 ore moet doen. Sy het net twee oë, maar moet op een slag kan sien wat 40 maatjies doen! Sy het net een mond om almal stil te maak en vir kinders met probleme reg te help. Sy het slegs twee hande maar moet tienduisend goed op ’n slag doen. ’n Juffrou is nie perfek nie, partykeer voel sy ook sleg en ongelukkig en het iemand nodig om haar beter te laat voel.

My juffrou is...

Baie vriendelik.
Altyd regverdig (behandel al die maatjies dieselde).
Gee ons altyd kanse.
Onregverdig (unfair).
Gee te veel huiswerk.

Raak baie kwaai as die kinders in die klas praat.

Raas as my werk nie netjies is nie.

Skree as ons nie wil luister nie.

Is haastig dat ons werk moet klaarkom.

Stel moeilike toetse op.

Verduidelik nie die werk mooi nie.

Hoekom het sy 'n Juffrou geword?

Meeste juffrouens gee skool omdat dit hulle roeping is. Die Here het vir hulle gesê het om vir Hom te werk. Hy het vir hulle die baie spesiale werk gegee om sy kinders voor te berei vir die lewe. Juffrouens wil hê dat as jy klaar is met skool, jy trots sal wees op hoe jy skryf, hoe jy spel, wat jy alles weet van skoolwerk en hoe om respek vir ander te hê (nie maatjies slaan, vloek, steel, praat as ander praat nie).

Juffrouens werk nie vir hulleself nie. Hulle werk vir die baas van al die onderwysers, die onderwysdepartement. Die onderwysdepartement moet elke jaar vir die die Staatspresident verslae (soos briewe) stuur om die volgende te beantwoord:
· Doen die kinders hulle huiswerk?
· Ken die kinders hulle tafels, kan hulle spel en goed lees?
· Skryf die kinders mooi in hulle boeke?
· Is al die projekte wat in die handboeke is, gedoen?
· Luister die kinders vir die onderwysers?
· Vorder die kinders? (Slaag die kinders hul toetse)
· Is daar kinders met gedragsprobleme? (Kinders wat steel, vloek, en lelik baklei)

Party kinders hou daarvan om baie te praat, ander kinders gooi graag papiere rond, ander sukkel met konsentreer,                 party kinders is stamperig. Ander        vloek sommer enige een wat voorkom. Wat dink jy sal gebeur as elke kind doen wat hy wil in die klas? Ja, dit sal chaos wees! Juffrou moet reëls hê sodat almal die kans kan kry om te hoor wat sy sê en hulle werk netjies kan doen.

Hoekom reëls, reëls en nogmaals reëls in die klas?: 

“Jiggg, huiswerk!”

Juffrouens doen werk in die klas en dan gee sy huiswerk om te toets of jy dit verstaan het. As jy nie jou huiswerk doen nie, gaan sy nie weet of jy die werk verstaan het nie. Onthou dat elke keer wat jy in die klas oplet, vrae vra, hard leer en huiswerk doen, maak jy jou brein fikser (brein leer om vinniger te werk).

Wat kan ek doen om Juffrou te help?

· Groet haar altyd vriendelik, want dit is baie mooi as kinders respek het vir grootmense.
· Bly stil as sy praat anders kan jy nie mooi hoor wat om te doen nie.
· As juffrou iets verduidelik wat jy nie verstaan nie, steek jou hand op en sê vir haar anders dink sy jy weet  hoe werk alles.
· Doen jou huiswerk, dan hoef juffrou nie te raas of vir jou ’n straf te gee nie.
· Moet nie baklei nie, anders kan juffrou nie anders as om te raas en straf uit te deel nie.
· As ander maats met jou praat in die klas, moet jy net stilbly en aangaan met jou werk anders kan juffrou dink dit jy wat praat.
· BID DAT DIE HERE HAAR SELF HELP OM NET HAAR BESTE TE LEWER.

Wat as Juffrou ...

· Kwaad lyk:
Kinders dink gewoonlik dit is altyd hulle skuld as grootmense kwaad of hartseer is of iets slegs gebeur. Dikwels is dit nie so nie. Moenie dink dit is jou skuld nie. Bly stil, doen jou werk en bly vriendelik met juffrou.


· Op my skree:
Dit is nie mooi om op ’n kind te skree nie.  As juffrou op jou skree, dink of jy iets verkeerd gedoen het en as jy het, vra verskoning. As dit regtig nie jou skuld is nie, onthou dat juffrou net twee oë het en nie alles kan sien nie. Vergewe haar, want sy kan ook foute maak.


· Onregverdig (“unfair”) is:
Partykeer is onderwysers onregverdig, maar die meeste van die tyd probeer hulle regverdig wees. Moenie dit teen haar hou nie, wag tot pouse en gaan sê op ’n mooi manier: “Juffrou, ek verstaan nie hoekom Juffrou my gestraf het nie”.


· Iets doen wat my baie ongelukkig maak:
As jy nie met jou juffrou kan praat oor die probleem nie, praat met jou ouers. Onthou om altyd ander te respekteer, ook jou juffrou, al is jy baie kwaad vir haar

Onthou dat die Heilige

Gees die heeltyd by ons is,
en ons kan Hom vra om vir ons geduld te gee met ander mense,
te help om nie verkeerde dinge te dink en te doen nie
en om respek vir alle mense te hê.

© 2023 by SKATKIS. Proudly created with Wix.com

  • Facebook Social Icon
  • Twitter Social Icon
  • Google+ Social Icon
bottom of page