![](https://static.wixstatic.com/media/2d32cd_91bbb6c977814e24af17a119b00bf1a3~mv2.jpg/v1/fill/w_696,h_522,al_c,q_85,usm_0.66_1.00_0.01,enc_avif,quality_auto/2d32cd_91bbb6c977814e24af17a119b00bf1a3~mv2.jpg)
Huiswerk
Deur Hannelie Du Preez
![](https://static.wixstatic.com/media/7c4e238320db942f4061df2188d528bd.png/v1/fill/w_276,h_132,al_c,q_85,enc_avif,quality_auto/7c4e238320db942f4061df2188d528bd.png)
Daar is ’n uitdrukking in Afrikaans wat lui: “Van uitstel kom afstel.” Om my beste vir Jesus te gee, beteken ook dat ek getrou my huiswerk sal doen.
· Skryf jou huiswerk korrek en volledig af.
· Soek ’n stil plek om jou huiswerk te doen. Geraas en bewegings soos die televisie en jou hond wat oor jou spring verhoed dat jou aandag gefokus bly.
· Moenie op jou bed sit en huiswerk doen nie. ’n Lessenaar is beter, dit skep orde.
· Vestig ’n roetine: doen altyd jou huiswerk op dieselfde tyd. Net soos jy ’n roetine voor skool het, kan jy vir jouself na skool ook ’n roetine skep.
· Doen die moeilikste huiswerk altyd eerste terwyl jy nog fris en vars is.
· Gee aandag aan detail en maak seker dat jy alles doen wat van jou verwag word. Werk netjies.
· Gaan jou huiswerk saam met Mamma of Pappa deur om seker te maak dat alles korrek is.
· Moenie vergeet om jou huiswerk in te handig nie!
· Huiswerk bly jou verantwoordelikheid. Dit word gegee ter wille van inoefening en inskerping. As jy jou huiswerk getrou doen, sal jy ook goed doen in toetse.
Hoe kan ek my kamer skuif?
Skuif jou lessenaar op ’n plek waar jou aandag nie maklik afgelei kan word nie.
Jou studielamp moet skuins agter jou geplaas word sodat daar nie ’n skadu oor jou werk val nie.
Moenie jou lessenaar in die son sit nie – jy kan dalk aan die slaap raak!
![](https://static.wixstatic.com/media/e8071d7bdfb9da351932b4a49dac0c6e.png/v1/fill/w_234,h_44,al_c,q_85,enc_avif,quality_auto/e8071d7bdfb9da351932b4a49dac0c6e.png)