top of page

Wanneer jy God se stem wil hoor, moet jy:

· Stil word (skakel die TV af en fokus op God)

· Verwag dat Hy met jou sal praat

· Bely alles wat jy gedink, gedoen en gesê het waarvan God nie hou nie. Sondes maak dat jy God nie kan hoor nie.

· Bid en vra dat die Heilige Gees jou gedagtes sal oorneem en jou in gebed sal lei.

· Wag in stilte op die Here om te hoor wat Hy vir jou wil sê.

                   As jy  vandag iets moet                            skryf  oor God, wat sal dit                      wees? Ken jy Hom so goed dat jy iets oor Hom kan skryf?

 

Maats, as jy Jesus in jou lewe ingenooi het, is God mos jou Beste Vriend en net soos wat jy en jou  vriende tyd saam spandeer en mekaar beter leer ken, wil God ook tyd saam met jou spandeer. Hy wil hê jy moet Hom  beter leer ken. Jy moet, net soos met jou vriende, Sy stem tussen ander stemme uitken en weet wanneer Hy met jou praat.

Jy wonder seker nou hoe kan jy God hoor? Kan jy Sy stem met jou ore hoor, net soos wat jy jou vriende  hoor?   Om God se stem te hoor, beteken eintlik net dat God ’n gedagte binne in jou hart kom plaas.

 

Probeer  die volgende: Sê hard:“God is my Vriend”. Kan jy dit hoor?  Maak nou jou oë toe en sê saggies in jou gedagtes: “God is my Vriend.”  Die woorde wat jy saggies in jou gedagtes gesê het, is net so duidelik soos die wat jy hard uitgespreek het? Dit is regte woorde, al het jy hulle nie met jou ore gehoor nie.  Wanneer God so met jou praat, praat hy met ’n sagte, stil stem (fluistering).

Onthou:

God praat nooit anders as wat  die Bybel sê nie.

Jy is nie te jonk om Sy stem te hoor nie. Jy het die Heilige Gees wat jou help.

God wil met jou praat.

                                               Hoe weet jy dat

                            God met jou wil praat? 

 

                       Dit is ’n belofte.  

                In Jeremia 33:3 sê God: “Roep My aan, Ek sal                             jou antwoord en jou vertel  van groot en                        onverstaanbare dinge waarvan jy nie weet nie.”

 God belowe in Sy Woord dat Hy jou sal antwoord as jy na  Hom    roep.  Jy moet net geduldig wees en Hom kans gee om met

             jou te  praat en dan  moet jy bereid wees om te

                        luister.

Hoor God se stem

© 2023 by SKATKIS. Proudly created with Wix.com

  • Facebook Social Icon
  • Twitter Social Icon
  • Google+ Social Icon
bottom of page