![](https://static.wixstatic.com/media/2d32cd_91bbb6c977814e24af17a119b00bf1a3~mv2.jpg/v1/fill/w_696,h_522,al_c,q_85,usm_0.66_1.00_0.01,enc_avif,quality_auto/2d32cd_91bbb6c977814e24af17a119b00bf1a3~mv2.jpg)
![](https://static.wixstatic.com/media/2d32cd_84f15731c17c4298a9614aa069481eff~mv2_d_1360_2048_s_2.jpg/v1/fill/w_241,h_365,al_c,q_80,usm_0.66_1.00_0.01,enc_avif,quality_auto/2d32cd_84f15731c17c4298a9614aa069481eff~mv2_d_1360_2048_s_2.jpg)
![](https://static.wixstatic.com/media/2d32cd_d22edef9db2b421a90a6e06243562aab~mv2.png/v1/fill/w_184,h_220,al_c,q_85,usm_0.66_1.00_0.01,enc_avif,quality_auto/2d32cd_d22edef9db2b421a90a6e06243562aab~mv2.png)
Dit is belangrik dat jy goed sal sorg vir jou dierevriend.
Skoon water:
Maak seker dat daar altyd ‘n bak met skoon water is. Moet nooit vir haar melk, vrugtesap of gaskoeldrank gee nie!
Gebalanseerde dieet:
Die maklikste manier om te verseker dat jou hond alles inkry wat sy moet, is om haar “volledige” kos te gee. Dit kan klam (blikkieskos) of droog (hondepille) wees. Droë kos is goed vir haar tande omdat sy dit baie moet kou. Die aanwysings op die kos sal aandui of dit volledig-gebalanseerde kos is.
Kyk mooi op die sak hondekos of dit vir klein of groot tipe honde is en of dit vir babahondjies of volgroeide honde bedoel is.
Kyk mooi op die sak hondekos of dit vir klein of groot tipe honde is en of dit vir babahondjies of volgroeide honde bedoel is.
Net soos wat jy lief is vir lekkergoed, sal jou hond gretig enige bederfie geniet. Maar, net soos te veel lekkers sleg is vir jou, is te veel bederfies glad nie goed vir jou hond nie. Beloon haar vir goeie gedrag met ietsie lekker. Maar, net soos te veel lekkers sleg is vir jou, is te veel bederfies glad nie goed vir jou hond nie.
Liefdevolle aandag
Speel: Jou hond wil graag saam met jou speel. Sy hou daarvan om iets te gaan haal wat jy vir haar gooi soos ‘n bal of ‘n frisbee.
Stap: Probeer om elke dag met jou hond te gaan stap. Die oefening is goed vir julle albei!
Versorg: Was haar gereeld en borsel haar met ‘n hondeborsel.
![](https://static.wixstatic.com/media/2d32cd_7db3bfce4c394675ad70a49f822997ae~mv2.jpg/v1/fill/w_290,h_402,al_c,q_80,usm_0.66_1.00_0.01,enc_avif,quality_auto/2d32cd_7db3bfce4c394675ad70a49f822997ae~mv2.jpg)
![](https://static.wixstatic.com/media/2d32cd_d22edef9db2b421a90a6e06243562aab~mv2.png/v1/fill/w_185,h_220,al_c,q_85,usm_0.66_1.00_0.01,enc_avif,quality_auto/2d32cd_d22edef9db2b421a90a6e06243562aab~mv2.png)
![](https://static.wixstatic.com/media/2d32cd_d22edef9db2b421a90a6e06243562aab~mv2.png/v1/fill/w_164,h_195,al_c,q_85,usm_0.66_1.00_0.01,enc_avif,quality_auto/2d32cd_d22edef9db2b421a90a6e06243562aab~mv2.png)
![](https://static.wixstatic.com/media/2d32cd_d22edef9db2b421a90a6e06243562aab~mv2.png/v1/fill/w_122,h_146,al_c,q_85,usm_0.66_1.00_0.01,enc_avif,quality_auto/2d32cd_d22edef9db2b421a90a6e06243562aab~mv2.png)
Jou hond
- Jou beste vriend
Het jy al ‘n slegte dag beleef en gevoel dat niemand jou verstaan nie? Het jy dan uit pure moedeloosheid by jou hond gaan sit, hom gevryf en vasgehou, en gevoel hy verstaan presies hoe jy voel? Dan weet jy hoekom sommige mense reken dat ‘n hond die mens se beste vriend is.
![](https://static.wixstatic.com/media/59bbe87c219517c3b35e92c55e5e95ad.png/v1/fill/w_244,h_216,al_c,q_85,usm_0.66_1.00_0.01,enc_avif,quality_auto/59bbe87c219517c3b35e92c55e5e95ad.png)