![](https://static.wixstatic.com/media/2d32cd_91bbb6c977814e24af17a119b00bf1a3~mv2.jpg/v1/fill/w_696,h_522,al_c,q_85,usm_0.66_1.00_0.01,enc_avif,quality_auto/2d32cd_91bbb6c977814e24af17a119b00bf1a3~mv2.jpg)
Gedink wonderwerke het net in Jesus se tyd gebeur? Dink weer! Ons God gryp vandag nog in waar mense hom nodig het. Daarvan kan Reinard Schuhknecht, 14-jarige seun van Vanderbijlpark, getuig.
Op 28 September 2006 het Reinard by ’n vriend op hul plot gaan kuier. Hulle het ’n lekker speletjie uitgedink: hulle duik van die dak af in die swembad! Hulle het egter nooit gedink aan die hoogspanningsdrade wat naby die dak verbyloop nie… So gebeur dit dat 11 000 V vir Reinard skok, en hy bewusteloos op die dak bly lê. Hy het nie asem gehaal nie, en sy vriend het gedink hy is dood.
Reinard was altesaam 5 dae in die intensiewe sorgeenheid en 16 dae in die hoësorgeenheid.
Reinard moet van voor af leer skryf, want hy was regs. Maar hierdie jong man het ’n vegtersgees. Kort nadat hy tuisgekom het, het hy al fietsgery. Hy oefen ook weer ywerig sy gholfhoue – nou net met een arm. ’n Man van die gestremde gholspelersvereniging het spesiaal vir hom kom wenke gee.
Hy sal binnekort ’n volarmprostese (kunsarm) kry, wat hom baie sal help met alledaagse takies.
Die Here belowe dat Hy by ons sal wees, al gaan ons deur ’n dal van doodskaduwee. Hy was inderdaad saam met Reinard – Hy het hom gespaar, en stap elke tree saam met hom. Die Here wil ook só saam met jou stap.
Sy vriend het op sy quad gespring en gaan hulp kry. Hulle het die paramedici ontbied met die boodskap: “Die kind is doodgeskok.” Een van die werkers op die plot het op die dak geklim en biddend vir Reinard regop getel. Reinard het weer asem gehaal! ’n Seun wat dood moes wees, lewe!
Die skok het egter sy merk op Reinard de liggaam gelaat: sy regterhand is verkool, hy het erge brandwonde op sy rug en voete opgedoen (dit is waar die krag weer uit sy liggaam gegaan het). Sy tone het soos springmielies gelyk! Sy kop het ook erg gebloei as gevolg van die val op die dak.
Hy is per helikopter na die Garden City hospitaal geneem, maar eers nadat die paramedici moes kopkrap hoe hulle sy lang lyf in die helikopter gepas gaan kry!
By die hospitaal het die dokter vir sy ouers gesê dat hulle moet verstaan dat so ’n skok gewoonlik ernstige breinskade en hartskade veroorsaak, en dat hulle hulself daarop moet voorberei.
Weereens was God getrou. Teen alle verwagtinge in, wys die skanderings en toetse dat daar geen hart- of breinskade is nie! Prys die Here!
Die volgende dag is die eerste van sewe operasies op hom uitgevoer. Omdat sy hand heeltemal verkool is, is sy arm tot in die helfte van sy voorarm geamputeer (afgesit). In die opvolgende operasies is nog weefsel en been verwyder. Hy het geweldig baie pyn verduur, en uiteindelik is die elmboog ook geamputeer.
Sy ma, Louise, getuig dat sy kon sien dat hul gebede hom rustig gemaak het wanneer hy baie pyn verduur het en deurmekaar was. Sy vertel ook wat dit vir hulle beteken het dat selfs van die verpleegpersoneel en ander pasiënte se familie vir hulle kom bid het. Geloofsvriende het hulle in hierdie moeilike tyd gedra deur gebed, sms’e en oproepe van bemoediging.
![](https://static.wixstatic.com/media/2d32cd_f1b0b1610d844d5a8e3e320109fc9ac0~mv2_d_1428_3450_s_2.jpg/v1/fill/w_274,h_662,al_c,q_80,usm_0.66_1.00_0.01,enc_avif,quality_auto/2d32cd_f1b0b1610d844d5a8e3e320109fc9ac0~mv2_d_1428_3450_s_2.jpg)