top of page

Fotograaf

Het jy gedink dat ’n fotograaf maar net skoolkinders en troues afneem? Dink weer!

 

As jy daarin belangstel om ’n fotograaf te word, is daar baie moontlikhede om van te kies:

 

· Fotografiese kuns word deur kunstenaars beoefen waar hulle hul idees en beelde op film vasvang.

· Modefotografie vang die nuutste modes op film vas en word gebruik om dit te bemark.

· Joernalistieke fotografie omvat enigiets van alledaagse gebeurtenisse soos motorongelukke, tot oorloë. Dit word gebruik om nuus visueel oor te dra, hetsy deur koerante, tydskrifte of televisie.

- Portret fotograwe spesialiseer in die neem van portrette, soos skoolfoto’s, babafoto’s, gesinsfoto’s, ens.

· Wetenskaplike fotografie verseker dat voorwerpe wat deur mikroskope en teleskope gesien is, permanent vasgevang word op foto.

· Optiese vesel fotografie maak dit moontlik om dele van die liggaam te ondersoek sonder om ’n operasie uit te voer. Dit help met mediese navorsing.

· Gamma-straal fotografie toon die chemiese samestelling van planete aan.

· Ultravioletfotografie kan die struktuur van plante aantoon.

· Polisiefotografie behels die afneem van die misdaadtoneel en arrestasies vir visuele bewyse.

· Sportfotograwe neem sportbyeenkomste af vir koerante, tydskrifte en televisie.

 

Die verskillende velde in fotografie benodig baie verskillende vaardighede.

Watter fotografie sal vir jou cool wees?

© 2023 by SKATKIS. Proudly created with Wix.com

  • Facebook Social Icon
  • Twitter Social Icon
  • Google+ Social Icon
bottom of page