![](https://static.wixstatic.com/media/2d32cd_91bbb6c977814e24af17a119b00bf1a3~mv2.jpg/v1/fill/w_696,h_522,al_c,q_85,usm_0.66_1.00_0.01,enc_avif,quality_auto/2d32cd_91bbb6c977814e24af17a119b00bf1a3~mv2.jpg)
Wat is 'n boelie?
Daniélle (13 jaar oud) sê ’n boelie is iemand wat groot is, en jou geld en kos by die skool vat.
Ben (10 jaar oud) dink weer ’n boelie is
iemand wat jou seermaak en terg.
Jestus (8 jaar oud) sê ’n boelie is iemand wat kinders wat kleiner as hy is seermaak.
Al drie maats hierbo is reg oor wie hulle
dink ’n boelie is.
![](https://static.wixstatic.com/media/2d32cd_c55e4a86cc054afc97431bce16a703d1~mv2.png/v1/fill/w_291,h_439,al_c,q_85,usm_0.66_1.00_0.01,enc_avif,quality_auto/2d32cd_c55e4a86cc054afc97431bce16a703d1~mv2.png)
As jy bang is vir iemand anders en jy wys vir daardie persoon hoe jy voel, gaan hy aanhou om jou te boelie. Wanneer jy verby ’n boelie loop, hou jou kop hoog en stap verby sonder om in sy rigting te kyk.
Wees dapper
Moenie betrokke raak in ’n woordewisseling met ’n boelie nie. As ’n boelie jou dreig of iets slegs vir jou sê, ignoreer hom of haar en stap verby. Boelies hou daarvan om ’n reaksie by ander te kry. As jy hom ignoreer, mag dit sy gedrag stopsit.
Ignoreer die
boelie
Hoe om 'n boelie te hanteer
Wees 'n vriend
As jy weet van kinders wat geboelie word, is dit die regte ding om so ’n kind te ondersteun. Jy kan planne maak soos om saam met so ’n kind te loop na die skool of terug huis toe.
Dit is baie belangrik om vir ’n volwassene te vertel dat jy geboelie word. Praat met ’n volwassene wat jy vertrou, soos jou ouer, ’n onderwyser of iemand anders.
As die boelie aanhou om jou te treiter, sê hard en duidelik vir hom of haar om dit stop te sit. Maats moet ook leer om saam te staan en vir ’n boelie te sê om op te hou om ander te pla.
Staan jou
man (vrou)
Die Bybel leer ons om nie terug te slaan nie, al voel ons in ons hart ons wil. Wanneer jy terugbaklei maak dit hom net meer aggressief en dit kan ook baie gevaarlik wees, want iemand kan seerkry. Moenie sleg voel as dit nodig is vir jou om weg te hardloop van ’n boelie af nie. Dit is egter baie belangrik dat jy vir ’n volwassene daarvan vertel.
Moenie terug
boelie nie
Vertel 'n
volwassene
![](https://static.wixstatic.com/media/2d32cd_57be37fb7cbe4eecb1adb1ece6c68758~mv2.png/v1/fill/w_289,h_325,al_c,q_85,usm_0.66_1.00_0.01,enc_avif,quality_auto/2d32cd_57be37fb7cbe4eecb1adb1ece6c68758~mv2.png)
![](https://static.wixstatic.com/media/2d32cd_cff16ac22a0f43389a8a0b6b7ce6a180~mv2.png/v1/fill/w_274,h_308,al_c,q_85,usm_0.66_1.00_0.01,enc_avif,quality_auto/2d32cd_cff16ac22a0f43389a8a0b6b7ce6a180~mv2.png)
’n Boelie is iemand wat ongelukkig voel met homself en die wêreld en dit nie kan vat dat ander gelukkig is nie. Hulle boelie gewoonlik kinders om aandag te trek, en weet nie hoe om maats te maak nie.
Verstaan 'n boelie
Bid vir jouself
Bid vir jouself dat jy nie sal bang wees nie en altyd die regte ding sal doen. Bid ook dat Jesus jou gaan help om nie iemand anders nie (ook nie jou sussie en boetie) te boelie nie
Dit is net Jesus wat mense se gedagtes en gedrag kan verander en daarom moet ons bid en vir die Here vra dat hy die boelie se hart sal verander.