top of page

Ek Kan! 

In die Klaskamer

Deur Hannelie Du Preez

Ken jy die teksvers in Kol 3:23 wat sê:  “Wat julle ook al doen, doen dit van harte soos vir die Here en nie vir mense nie”?

 

Hierdie teksversie laat my altyd dink aan ons skoolwerk. Ek moenie net mooi werk omdat ek my pa of ma of onderwyser wil tevrede stel nie. Ek wil altyd my beste doen (selfs as ek dink niemand sien dit raak nie) omdat ek dit vir Jesus doen.

 

Dit beteken ek wil op my beste luister in die klas, op my mooiste werk, moeite doen vir take en my beste doen wanneer ek vir toetse leer.

Onthou

Luister na die vrae en antwoorde van jou maats.

Maak notas terwyl jou onderwyser nuwe werk behandel - dit help jou om te fokus.

Maak seker dat jy alles verstaan. Vra vrae as jy nie verstaan nie.

Moenie langs maats sit wat jou aandag kan aftrek nie.

Wag jou beurt af as jou onderwyser vrae vra.

Maak seker dat jy vir jou onderwyser kyk.

© 2023 by SKATKIS. Proudly created with Wix.com

  • Facebook Social Icon
  • Twitter Social Icon
  • Google+ Social Icon
bottom of page