top of page

Biokinetikus

n Biokinetikus is ’n oefeningspesialis.  Hy help om mense se fisiese toestand en lewenskwaliteit te verbeter. (klink goed, né, almal wil mos deesdae graag beter voel!) Hy werk vir die mense gesonde oefenprogramme uit nadat hy hulle  ondersoek het en bepaal het hoe fiks hulle is, hoe sterk hul spiere is, hoe goed hul koördinasie is, ens.

 

’n Biokinetikus se werk bestaan uit drie verskillende aktiwiteite:

· Evalueer die persoon se fisiese toestand – kyk hoe gesond en fiks hy is.

· Werk ’n veilige fiksheidsprogram vir die persoon uit.

· Ontwikkel rehabilitasie-oefenprogramme uit as deel van ’n mediese span, byvoorbeeld vir iemand wat in ’n ongeluk beseer is en weer moet leer loop.

 

Werksgeleenthede:

Verskeie groot maatskappye stel biokinetici aan om programme vir hul werknemers saam te stel sodat die werkers beter gesondheid kan geniet en meer energie het. Biokinetici is ook dikwels betrokke by gespesialiseerde fisiese opleiodingsprogramme soos byvoorbeeld die Polisiediens of die Weermag. Universiteite stel biokinetici aan om verdere navorsing te doen en om nuwe biokinetici op te lei.

Kan jy een word?

© 2023 by SKATKIS. Proudly created with Wix.com

  • Facebook Social Icon
  • Twitter Social Icon
  • Google+ Social Icon
bottom of page