Asemhaling
Hoekom moet jy asemhaal?
Elke mens se lyf bestaan uit miljoene selle. Elke sel het energie nodig. Hierdie energie word deur die liggaam gemaak deur voedingstowwe soos proteïne, vette en suikers te verbrand. Vir hierdie verbrandingsproses benodig die liggaam die suurstof wat ons inasem.
Jy asem lug in deur jou neus en mond. Dan beweeg die lug af in jou lugpyp, deur jou longpypies totdat dit in jou longe kom. In jou longe is klein longsakkies. As lug in so ’n sakkie kom, blaas dit op soos ’n klein ballonnetjie. Hier haal die bloed suurstof uit die ingeasemde lug. Die suurstof word dan versprei na die liggaamselle. Die afvallug (wat deur die verbrandingsproses gemaak word) word as koolsuurgas uitgeasem.
Hoe haal jy asem?
Jy het spiere in jou borskas wat jou laat asemhaal. Sommige is vasgeheg aan jou ribbes en maak dat jou ribbekas kan uitsit en inkrimp. Onder jou longe is ’n sterk spier wat ook help. Dit word die diafragma genoem.
As jy inasem, beweeg jou diafragma af en jou ribbekas sit uit. Dan is daar meer plek vir jou longe en kan die longe die lug inasem. As jy uitasem, druk jou ribbekas en diafragma die longe saam sodat die lug uitgeblaas moet word.
Inaseming
Lug wat suurstofdeeltjies bevat beweeg deur die neus en mond na die longe.
Diafragma trek saam en beweeg af
Longe sit uit
Diafragma trek saam en beweeg af
Lug beweeg deur die Tragea (lugpyp) na die longe
Lug beweeg deur die Tragea (lugpyp) na die neus en mond
Longe word saamgedruk.
Diafragma ontspan en beweeg op.
Lug wat koolsuurgasdeeltjies bevat beweeg deur die neus en mond uit die liggaam uit.
Uitaseming
· Lug beweeg teen 100 km/h as jy hik!
· ’n Volwassene kan soveel as 6 liter lug
(m.a.w. drie 2l-koeldrankbottels vol) in sy longe in een asemteug optrek.
Het jy geweet?
As iets die asemhalingstelsel irriteer, probeer die liggaam daarvan ontslae raak deur lug vinnig uit te forseer. As jy byvoorbeeld bronchitis het, kan die slym die stelsel so irriteer dat jy aanhoudend hoes.
Wat gebeur as jy hoes?
As jy baie moeg is of gespanne is, haal jy vlakker asem, en jou liggaam kry te min suurstof. Jou liggaam wil dan gaap sodat jy meer suurstof kan inasem sodat die lug in die longpypies verfris kan word en jy die koolsuurgas kan uitasem.
Hoekom gaap jy?
By sommige mense vernou die longpypies as hulle iets inasem waarvoor hulle allergies is, bv. stof of stuifmeel. Dit kan ook gebeur as hulle siek is. Dan raak hulle baie benoud omdat hulle nie genoeg suurstof kan inasem en die koolsuurgas kan uitasem nie. So ’n persoon het asma, en word gewoonlik behandel met ’n asmapompie, wat help om die pypies te laat oopgaan sodat die persoon weer genoeg suustof kan inasem en die koolsuurgas kan uitasem.