top of page

'n

Verlamde loop weer!

                                           Bèhanke Hattingh, ’n agtjarige dogtertjie, het in Junie 2006 in                                               die kerk se paadjie afgehardloop en gesê “Dankie Liewe                                                     Jesus, dankie!” Daardie dag het ’n wonderwerk gebeur. Haar                                                 pappa kon weer loop.

                                                Haar pappa, Andries Hattingh, ’n doeanebeampte by ’n                                                   grenspos, het in 2002 ’n vragmotor deursoek met siek beeste                                            op. Kort daarna het hy siek geword.

Hy is herhaalde male na dokters, hospitale en spesialiste gehaas met hoë koorsaanvallle. Sy koors was elke keer ± 40 - 42°C. Hy is getoets vir elke moontlike virus en bakterieë wat daar kan wees. Na sy derde hospitaal-opname en ontslag is hy positief getoets vir Brucellose. Brucellose is ’n virus afkomstig van beeste.

Met tye het dit vir hom baie moelik geword om te loop. Hy moes later met twee krukke loop en om op te staan en te loop was vreeslik pynlik. Hy was nooit meer gesond genoeg om met Bèhanke-hulle te speel nie.
Sowat ’n jaar later kon haar pappa glad nie meer loop nie. Hy moes leer om met ’n  rolstoel oor die weg te kom. Hy het amper sy werk verloor omdat hy gesukkel het om sy werk te doen. Hul hele gesin het dikwels gehuil en gewonder waarom die Here dit alles toegelaat het.

Hul gesin was nie betrokke by ’n kerk nie, maar nadat Bèhanke se ouma baie siek geword het, het hulle weer begin om kerk toe te gaan. Hier het hulle van  God se oneindige liefde geleer. In April 2006 het hul predikant spesiaal kom bid vir genesing. Alhoewel haar pappa nog nie kon loop nie, het hy geweet dat die Here ‘n doel met sy lewe het en dat hy hom sal oopstel vir die werking van die Heilige Gees.

By ’n pinksterdiens is daar weer vir hom gebid, en hy het gevoel of iemand hom uit die stoel uit optel en toe staan hy op! Die predikant het sy hande gevat. Sy voete het begin beweeg. Hy het geloop! 

 

Andries vertel self:

Ek kan nie genoeg dankie sê vir die Here wat Hy gedoen het nie.

Ek het geen pyn meer in my bene of my heupe nie. Die fisioterapeut en die dokter was verstom. Die Here gee my elke dag krag om verder en verder te loop. Ek vertrou op die Here, want sy werking met my is nog nie klaar nie. Die dokters is  verkeerd bewys, want hulle het gesê ek sal nooit weer kan loop nie, maar geloof in Jesus maak alles reg! 

© 2023 by SKATKIS. Proudly created with Wix.com

  • Facebook Social Icon
  • Twitter Social Icon
  • Google+ Social Icon
bottom of page